Tax (BTW-kodelys - BTW-koerse)
Die "BTW-kodelys - BTW-koerse" verslag word by die Gebruikerverslae-kieslys gevoeg om die Belastingpersentasies en Belastingkodestatus (Aktief (Aktiveer) of Onaktief (de-aktiveer)) na te gaan. Jy kan hierdie verslag druk om jou belastingkoerse of belastingpersentasies vir Belasting BTW-kodes na te gaan:
- Aflaai van 'n Firebird-databasis tipe Stel Boeke (sjabloon) af op die Aflaai-skerm in die - "Laat osFinancials jou help om 'n Stel Boeke te skep?" opsie op die Skeppingsassistent. - Jy sal dalk die beskrywings, belastingkoerse, ens. in Opstel → Rekeninge moet verander.
- Skep 'n nuwe leë databasis vir Firebird- of Microsoft SQL Server-databasistipes deur gebruik te maak van die "Skep 'n Stel Boeke (Gevorderd)?"-opsie op die Skeppingsassistent. Indien jy die Rekeninge invoer (bv. vanaf 'n uitgevoerde "Tab Delimited"-tekslêer wat vanaf 'n ander Stel Boeke uitgevoer is), kan hierdie verslag sommige kwessies openbaar, byvoorbeeld nulkoersbelasting (BTW/GST/Verkoopsbelasting) kan as 'n leë belastingpersentasie vertoon word, ens.
BTW-kodelys - BTW-koerse - opsies
Om 'n BTW-kodelys - BTW-koerse verslag te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Tax.

- Kies die volgorde "BTW-kodes" of "Beskrywing".
- Kliek Goed.
Gedruk : BTW-kodelys - BTW-koerse
'n Voorbeeld van die "BTW-kodelys - BTW-koerse" verslag, is soos volg:

Kontroleer Nul-koers BTW-persentasies
Indien jy belastingkoerse en/of Belastingrekeninge/ Belastingkodes moet verander, gaan na Opstel → Rekeninge.
Nul-koersbelasting (BTW) met 'n belastingpersentasie van "0%" kan leeg wees. Op die BTW-Kodelys - BTW-koerse (Gebruikerverslae → Tax op die Verslae-duimgids), sal Belastingpersentasies met 'n nulkoers as 'n leë persentasie ingevoer word. Dit kan veroorsaak dat die nul-koers belasting (BTW) wat in die verwerking van transaksies in Joernale en/of Dokumente gekies is, nie korrek op belastingverslae vertoon word nie.

Om dit reg te stel; kies die nulkoers BTW rekening.
Oortik die belasting persentasie met "0" en kliek Stoor.

Nadat die nulkoers "0" belastingpersentasies (belastingkoerse) bevestig is, moet die belastingkoerse korrek as "0" persentasie gelys word.
