Debiteure - Redigeer vorm
Om 'n Debiteur (kliënt / klant) se rekeing te skep / redigeer:
- Om 'n debiteurrekening te skep, hoef jy slegs die Debiteurkode en naam van die debiteur (kliënt / klant) in te sleutel. Die res van dié velde is opsioneel. Alle inligting (soveel as moontlik) behoort vir die debiteur (kliënt / klant) ingesleutel te word. Dit moet bygewerk (opgedateer) word sodra die besonderhede van die debiteur (kliënt / klant) verander.

|
|
Wanneer jy 'n nuwe rekening vir 'n debiteur (kliënt / klant) skep of kopieer, sal die volgende debiteurkode (bv. D00007) outomaties gegenereer word. Jy moet 'n debiteurkode insleutel. Dit is belangrik om die debiteurkode met 'n karakter, byvoorbeeld 1 (10001) te begin en krediteurkode met 'n ander karakter, byvoorbeeld 2 (20001) te begin. Die rede hiervoor is dat die rekening-voorvoegsel nie altyd beskikbaar is wanneer rekeninge op sommige skerms en verslae gekies word nie. Byvoorbeeld, as 'n Debiteurekode D00001 is en 'n Krediteurekode is C00001, en jy kies die Debiteurekode, kan dit die Krediteurekode stel wanneer die kontra-rekening in die "Opsies vir hierdie joernaal" (F10:Opstel) op "Joernaal" gekies word. Die rede hiervoor, is indien jy 'n rekening in die F10:Opstel in Joernale kies, en daar bestaan 'n ander rekening wat dieselfde kode sonder die voorvoegsel, bestaan, die verkeerde rekening gestel kan word. Dit sal ook die sorteer en filter opsies op verskeie skerms, en sigblad-toepassings meer sinvol maak. |
|
|
Sodra 'n debiteur (kliënt / klant) rekening gekies is, kan jy die boodskappe terme en voorwaardes asook aktiwiteite in die volgende oortjies bekyk en bestuur:
|
- Die opsies is soos volg:
- Debiteurkode - Indien jy 'n nuwe rekening skep, sal die volgende debiteurkode (bv. “100007”) gegenereer word. Jy kan dit oortik met jou eie kode, indien nodig.
|
|
Die Debiteurkode word outomaties gegenereer wanneer jy op die Nuwe knoppie klik. Dit word voorafgegaan met 'n D, gevolg deur 5 numeriese karakters. Jy kan dit met jou eie oortik om aan jou spesifieke vereistes te voldoen. |
|
|
As jy 'n Stel Boeke (Gevorderde opsie) geskep het en die Rekeningkode gestel het op:
|
- Naam - Sleutel die naam van die debiteur (kliënt / klant) in.
- Adres - Tot drie (3) reëls vir die posadres asook die poskode.
- Poskode - Sleutel die poskode in.
- Land - Kies die land.
- Tel 1 - Sleutel die telefoonnommer in.
- Tel 2 - Sleutel die alternatiewe telefoonnommer in.
- Faks - Sleutel die faksnommer in.
- Webtuiste - Sleutel die webadres in, indien beskikbaar.
|
|
Jy kan op dié veld dubbel-kliek om direk na die debiteur (kliënt / klant) se webtuiste in jou stelsel se verstek Internet webblaaier program te gaan. |
- E-pos - Sleutel die e-posadres in, indien beskikbaar.
|
|
Jy kan op dié veld dubbel-kliek om die debiteur (kliënt / klant) se e-posadresse direk in jou stelsel se verstek e-pos-program te inisieer. Jy hoef slegs die onderwerp en die boodskap in te sleutel (asook enige dokumente aan te heg, indien nodig) en dit te stuur. |
- BTW verwysing - Indien debiteur (kliënt / klant) vrygestel is van BTW, of geregistreer is vir BTW, moet daardie belasting-verwysing in hierdie veld ingevul word.
- Registrasienr. - Sleutel die e-posadres vir die debiteur (kliënt / klant) in, indien dit beskikbaar is.
- Kontakpersoon – Kies die kontakpersoon vir die debiteur (kliënt / klant).
|
|
Indien die kontakpersoon nie beskikbaar is nie, kan jy die kontakpersoon (Kontakte-oortjie) skep. |
- Verkoopspersoon - Kies die verkoopspersoon vir die debiteur (kliënt / klant) rekening. Alle verkoopspersone, indien geskep op die Opstel-duimgids in Opstel → Verkoopspersoon (of Opstel → Groepe (Verkoopspersone), sal gelys word.
- Debiteurgroep 1 / 2 – Indien jy groepe vir debiteure (kliënte / klante) (Opstel → Groepe – Debiteurgroep 1 / 2) geskep het, kan jy die groepe kies.
- Taal - Kies die taal vir debiteur (kliënt / klant). Uitleglêers is outomaties vertaalbaar. Dit sal in die taal wat jy in hierdie veld vir debiteur (kliënt / klant) gekies het, druk. Dit sal die taal waarin jy osFinancials loop (“Switch language” op die Begin-duimgids) asook die taal wat in die Stel Boeke (Opstel → Toegangsbeheer) gekies is nie vir dokumente gebruik nie.
- Klik op die Afleweringsadres-oortjie en/of Rekeninginligting-oortjie om bykomende inligting in te voer, instellings en rekeningkundige terme te kies.


