Jy sal dié opsie gebruik wanneer jy ‘n nuwe debiteur (kliënt / klant) rekening wil skep, ‘n bestaande debiteur (kliënt / kliënt) se rekening wil wysig (byvoorbeeld naam, kontakpersoon, adres, telefoon-, faksnommers, e-posadres, rekeningkundige terme, ens.) of ‘n bestaande debiteur (kliënt / klant) rekening wil skrap. 

Alle rekeninge vir debiteure (kliënte / klante) word op 'n skerm gelys. Jy kan die kragtige filter en sorteer opsies gebruik om 'n spesifieke debiteur (kliënt / klant) rekening te soek of debiteure (kliënte / klante) se rekeninge te groepeer. 

Jy kan ook die boodskappe terme en voorwaardes asook aktiwiteite op die Afleweringsadres, Rekeninginligting,  Kontakte-, Afspraak-, Dokumente-, Transaksies-, Bankrekeninge-, Uitstaande bestellings- en Voorraaditems-oortjies van 'n geselekteerde debiteur (kliënt / kliënt) rekening bestuur.

Om debiteurrekeninge te inisieer:

  1. Druk F4, of op die Verstek-duimgids, kies Debiteure.
  1. Sodra 'n debiteur (kliënt / klant) rekening gekies is, kan jy die boodskappe terme en voorwaardes asook aktiwiteite in die volgende oortjies bekyk en bestuur:
    1. Afleweringsadres - Om afleweringsadresse en boodskappe wat op rekeningstate vir die spesifieke debiteur (kliënt / klant) moet druk. Jy kan ook spesifieke uitleglêers vir dokumente kies. 
    2. Rekeninginligting - Terme en voorwaardes, soos krediet-limiete, rente, opstellings, ens.
    3. Kontakte - Voeg kontakpersone by / wysig / skrap.
    4. Afspraak - Bekyk 'n lys van gebeure of afsprake wat in die Kalender geskeduleer is. 
    5. Dokumente - Bekyk 'n lys van die geposteerde sowel as die ongeposteerde verkoopsdokumente (Kwotasies, Fakture, Punt-van-Verkope-fakture en Kredietnotas). Jy kan 'n dokument kies en dit druk. Jy kan ook 'n geposeerde joernaal-verslae vir die geposteerde verkoopsdokumente (Fakture, Punt-van-Verkope-fakture en Kredietnotas) druk. 
    6. Transaksies - Bekyk 'n lys van die transaksies wat in joernale geposteer is, sowel as verkoopsdokumente (Fakture, Punt-van-Verkope-fakture en Kredietnotas). Jy kan 'n transaksie kies en 'n geposteerde joernaal-verslae druk en die transaksies in die T-Rekeninge bekyk en druk.
    7. Bankrekeninge - Bestuur verwysings vir die Bank-invoer-inprop. 
    8. Uitstaande bestellings Bekyk 'n lys van uitstaande bestellings vir die geselekteerde debiteure (kliënt / klant) se rekening. Jy kan jyitstaande bestellings byvoeg/redigeer of skrap.
    9. Voorraaditems - Bekyk 'n lys van die produkte (voorraaditems) in geposteerde sowel as ongeposteerde verkoopsdokumente (d.w.s. Fakture, Punt-van-Verkope-fakture, Kredietnotas en Kwotasies) vir die geselekteerde debiteur (kliënt / klant) se rekening.
  1. Linkerbalk - Die opsies, is soos volg:
    1. Nuwe - Dit sal 'n blanko debiteur (kliënt / klant) rekening vorm oopmaak om 'n nuwe debiteur (kliënt / klant) rekening te skep. 
    2. Skrap - Skrap 'n geselekteerde debiteur (kliënt / klant) rekening. 
    3. Redigeer - Dit sal die geselekteerde debiteur (kliënt / klant) rekening oopmaak. 

Jy kan ook op 'n geselekteerde debiteur (kliënt / kliënt) rekening dubbel-kliek.

    1. Stoor - Dit sal enige veranderings (wysigings) op die debiteur (kliënt / kliënt) rekening stoor. 
    2. Kanselleer - Dit sal enige veranderings (wysigings) op die debiteur (kliënt / kliënt) rekening kanselleer. 
    3. Uitvoer - Sal alle data in die skerm (asook versteekte kolomme) na die verstek sigblad (“spreadsheet”) van jou stelsel uitvoer. Slegs dié geselekteerde rekeninge of dié rekeninge wat aan jou sorteer en filter opsies voldoen, sal uitgevoer word.
  1. Soek / Filter (Boonste balk)
    1. Filterkolom -  "Geen" is die verstek. Jy kan enige van die kolomme, (byvoorbeeld, Debiteurkode, Naam, Kontakpersoon, Debiteurgroep 1, Debiteurgroep 2, Adres 1, Adres 2, Adres 3, Poskode, Telefoon 1, Telefoon 2, Faks, Epos, Bankrekeningtipe, Bankrekeningnommer, Laaste faktuur, Verwysing, Dae verskuldig, Debiteurgroep 1 Sorteer, Debiteurgroep 2 Sorteer, Afleweringsadres, Afleweringsadres2, Afleweringsadres3, Afleweringsadres poskode, Afleweringsadres Land, X, ens.), kies.  
    2. Soortgelyk - Kies 'n operateur (d.i. “gelyksoortig, = (is gelyk aan), < (kleiner as), > (groter as), <= (kleiner as of gelyk aan), >= (groter as of gelyk aan) of <> (tussen kleiner as en groter as).   
    3. Waarde - Sleutel teks in, byvoorbeeld, stad, telefoonnommer, poskode, ens. in.
    4. Filter knoppie - Kliek om jou data te filtreer / soek. Slegs dié data wat aan jou filter / soek kriteria voldoen, sal gelys word.  
    5. Skoonmaak knoppie - Kliek om die filter te kanselleer. Alle rekeninge sal weer gelys word.
    6. Wys onaktiewe - By verstek word alle debiteur (kliënt / klant) rekeninge, ongeag van hul status (aktief of onaktief) gelys. Indien jy nie 'n debiteur (kliënt / klant) rekening kan skrap nie, byvoorbeeld, indien daar reeds transaksies teen 'n debiteur (kliënt / klant) rekening geposteer is, kan jy dié debiteur (kliënt / kliënt) rekening se status (Rekeninginligting-oortjie) as onaktief stel om te voorkom dat verdere transaksies teen dié rekening geposteer word. Jy sal egter steeds verslae vir die debiteur (kliënt / klant) rekening kan druk. Die debiteur (kliënt / klant) rekening sal by verstek nie op die Debiteurrekeninge lys vertoon word nie. Indien jy dié “Wys onaktiewe” veld kies (merk), en op die Filter-knoppie kliek, sal die onaktiewe rekening(e) gelys word.
  1. Reëltelling - Die aantal rekords (rekeninge) wat gelys word. 
  2. Konteks-kieslys - Die volgende opsies is beskikbaar:
    1. Skep fakture - Skep 'n nuwe faktuur vir die geselekteerde debiteur (kliënt / klant).
    2. Skep Kredietnotas - Skep 'n nuwe kredietnota vir die geselekteerde debiteur (kliënt / klant).
    3. Skep Kwotasie - Skep 'n nuwe kwotasie vir die geselekteerde debiteur (kliënt / klant).
    4. Reports” (Verslae) - Jy kan kies om die etiket vir die geselekteerde debiteur se posadres of afleweringsadres te druk.
    5. Debiteurgroep 1 - Alle debiteurgroepe wat jy vir Debiteurgroep 1 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy debiteurgroep1 per abuis nie aan 'n debiteur (kliënt / klant) rekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan jy dit steeds doen deur die betrokke debiteur (kliënt / klant) rekeninge te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte debiteurgroep op die “Debiteurgroep1” op die konteks-kieslys te kies. 
    6. Debiteurgroep 2 - Alle debiteurgroepe wat jy vir Debiteurgroep 2 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy debiteurgroep2 per abuis nie aan 'n debiteur (kliënt / klant) rekening gekoppel het nie (of aan verkeerde groep gekoppel het), kan jy dit steeds doen deur die betrokke debiteur (kliënt / klant) rekeninge te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte debiteurgroep op die “Debiteurgroep2” op die konteks-kieslys te kies.
    7. Copy account” (Kopieer rekening - Skep 'n kopie van 'n geselekteerde debiteur (kliënt / klant) rekening. Alle inligting sal behoue bly en kan geredigeer word waar nodig. Geen dokumente of transaksie inligting sal gekopieer word nie.