Die volgende nuwe kenmerke is bygevoeg: 

  1. Begrotingsyfers kan ingevoer, aangepas of verwerk word in die "Budgets"-opsie op die Verslae-duimgids. 
  2. Die "Pivot" (Draai-tabel)-funksie om jou begrotingsyfers te ontleed. 
  3. Begrotings kan vir enige van die tydperke of finansiële jare verwerk word. 
  4. Begrotings kan vir 'n spesifieke datum ingevoer word - bv. Verwag eenmalige aankope of 'n spesifieke groot uitverkoping, ens. 
  5. Begrotings kan gekopieer word vanaf Begrotingsyfers van die vorige jaar. 
  6. Begrotings kan gekopieer word vanaf Werklike syfers van die vorige jaar. 
  7. Begrotings kan verwerk word vir Kostesentrums (Kostesentrum 1 en/of Kostesentrum 2), indien geaktiveer. 
  8. Begrotings kan vir Projekte verwerk word, indien geaktiveer.

Die Begroting ("Budgets") op die Verslae-duimgids, is 'n alternatiewe metode tot die standaard opsie om begrotings te verwerk as in Opstel → Rekeninge - Begroting-oortjie (Opstel-duimgids).

Die Begroting ("Budgets") op die Verslae-duimgids bestaan uit die volgende drie (3) opsies: 

  1. Begroting-oortjie - Op jou begroting vir geselekteerde periodes in te sleutel, te redigeer.    

Indien jy reeds ‘n bestaande begroting in die vorige finansiële jaar het, kan jy dit “Kopieer” - “Vanaf Begroting Vorige Jaar” opsie. 

Indien jy reeds transaksies in die vorige finansiële jaar geposteer het, kan jy die transaksie totale van 'n vorige finansiële jaar, “Kopieer” - “Vanaf Werklik Vorige Jaar” opsie. 

  1. Transaksiedetail-oortjie - Lys al die rekeninge en periodes waarvoor die begroting geprosesseer is. Jy kan die begrotingtransaksie rekords sorteer, filter en slegs sekere begrotingtransaksie lys.
  2. "Pivot" (Draai-tabel)-oortjie - Die “Pivot”-oortjie - draai-tabel / spil-as tabel sommeer, by verstek, die totale van die begroting vir slegs die rekeninge waarvoor begroting geprosesseer is.  Dit sal die totale, vir die geselekteerde periode, van die rekeninge wat as die Inkomstestaat rekeningtipe (Inkomste- en Uitgawerekeninge) sowel as die Balansstaat rekeningtipe per rekeningtipe groepeer en sommeer.  Jy kan die draai-tabel (spil-as tabel) gebruik om verskillende insigte van jou begroting te kry. Jy kan verskeie opsies gebruik om jou begroting te sorteer, groepeer, filters te stel, op sekere groepe, rekeninge, periodes, ens., te fokus en in te zoem.  

Jy kan ook "Pivot" Draai-tabelle vir die begrotingsyfers in die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat of die Standaard kolombalanse verslagtipes inisieer, indien die "Begroting" opsie in die gekies is. 

Sien 'n voorbeeld van die "Pivot" (Draai-tabel) in die Inkomstestaat vir die begroting.