Begroting- Transksiedetail-oortjie (Verslae-duimgids)
Begroting – Transaksiedetail-oortjie
Die Transaksiedetail-oortjie lys al die rekeninge en periodes waarvoor die begroting geprosesseer is.

|
|
In hierdie voorbeeld is die begroting syfers slegs vir 10 inkomste- en uitgawerekeninge geprosesseer. Die begrote wins is -57,800. Indien jy enige begroting syfers vir balansstaat tipe rekeninge geprosesseer het, sal die totaal van die bedrag-kolom nie die wins of verlies reflekteer nie. In hierdie voorbeeld is die begroting syfers slegs vir 10 inkomste- en uitgawerekeninge vir 12 periodes elk geprosesseer. Die totale aantal rekords van die begroting transaksies is dus 120. |
Die besonderhede van die kolomme is soos volg:
- id - Die ID of rekord ID word outomaties vir elke begrotings-inskrywing gegenereer.
- Naam - Rekeningnaam of beskrywing
- Datum - Die datum vir die tydperk van die begrotings-inskrywing.
- Verwysing - Die verstekverwysing "BUDG" of jou verwysing soos ingevoer op die opsies-afdeling van die Begroting-oortjie.
- Beskrywing - Die verstekbeskrywing "Outobegroting" of jou beskrywing soos ingevoer op die opsies-afdeling van die Begroting-oortjie.
- Bedrag - Die bedrag vir die begrotings-inskrywing. Die totale debietbedrae en kredietbedrae (vooraf 'n - (minus teken)) sal gelys word.
- Gebruiker - As Gebruikers bygevoeg is in Opstel → Toegangsbeheer (Opstel-duimgids), sal die naam van die gebruiker of gebruikers gelys word.
- Wysig datum - Die datum en tydstempel waarop die begrotingsbedrag ingevoer of verander word.
- Projek - Indien begrotings vir projekte ingevoer of verwerk is, sal die projekkode gelys word. Jy kan 'n ander projekkode kies, indien nodig.
- Kostesentrum 1 - Indien begrotings ingevoer is vir Kostesentrums (Kostesentrum 1), sal die Kostesentrums vir Kostesentrum 1 gelys word. Jy kan 'n ander Kostesentrum 1-kode kies, indien nodig.
- Kostesentrum 2 - Indien begrotings ingevoer is vir Kostesentrum (Kostesentrum 2), sal die Kostesentrum vir Kostesentrum 2 gelys word. Jy kan 'n ander Kostesentrum 2-kode kies, indien nodig.
