Groepe
Jy kan tot twee (2) verslaggroepe vir jou algemene grootboekrekeninge, debiteure, krediteure, voorraaditems en dokumente stel. Jy kan dan dié bestaande verslaggroepe benut om wanneer jy ‘n rekening, krediteur, debiteur, voorraaditem skep, of dokumente prosesseer, deur ‘n spesifieke verslaggroep te kies. Wanneer jy verslae druk, kan jy ook verslae of dokumente vir ‘n spesifieke verslaggroep druk, of die volgorde waarvolgens die verslaggroepe op verslae vertoon moet word, kies.
Jy kan tot twee (2) verslag-groepe groepe opstel vir:
- Rekeninge - Jy kan tot twee verslaggroepe vir jou algemene grootboekrekeninge (Tabel van rekeninge) opstel. Rekeninggroep 1 en / of Rekeninggroep 2 word gebruik om algemene grootboekrekeninge (Tabel van rekeninge) te struktureer en aan finansiële kategorieë te koppel. Dit sal die opsies bied wanneer verslae gedruk word om dié volgorde en struktuur waarin verslae in die Grootboekontleder 1 / 2 die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, ens. gedruk word te stel.
- Debiteure - Jy kan tot twee verslaggroepe vir jou debiteure (kliënte / klante) opstel. Debiteurgroepe laat jou toe om die debiteure (kliënte / klante) se rekeninge te groepeer of te kategoriseer waaroor jy wil rapporteer, filter en bestuur. Hierdie Debiteurgroepe kan aan elke debiteur (kliënt / klant) se rekening gekoppel word.
- Krediteure - Jy kan tot twee verslaggroepe vir jou krediteure (verskaffers) opstel. Krediteurgroepe laat jou toe om die krediteure (verskaffers) se rekeninge te groepeer of te kategoriseer waaroor jy wil rapporteer, filter en bestuur. Hierdie Krediteurgroepe kan aan elke krediteur (verskaffer) se rekening gekoppel word.
- Voorraad - Jy kan tot twee verslaggroepe vir jou voorraaditems (produkte) opstel. Voorraadgroepe laat jou toe om die Voorraaditems (produkte) jy wil rapporteer, filter en bestuur te groepeer of te kategoriseer. Hierdie voorraadgroepe kan aan elke voorraaditems (produkte) gekoppel word.
- Dokumente - Jy kan tot twee verslaggroepe vir jou dokumente opstel. Dokumentgroepe laat jou toe om die Dokumente (Fakture, Kredietnotas, Kwotasies, Aankope, Verskafferretoere en Bestellings) te groepeer of te kategoriseer in verdere verslaggroepe, waaroor jy wil rapporteer, filter en bestuur te groepeer of te kategoriseer.
- Kostesentrums - Jy kan tot twee verslaggroepe vir Kostesentrums skep. Hierdie Kostesentrums kan in joernale en/of dokumente geaktiveer word. As jy slegs 1 verslaggroep vir Kostesentrums skep, sal slegs een (1) Kostesentrum verslaggroep in joernale en/of dokumente beskikbaar wees. Sodra die joernale en/of dokumente geposteer is (opgedateer is na die grootboek), kan jy kies om verslae vir elke Kostesentrum vanaf die Verslae-duimgids druk.
Een verslaggroepe kan ook vir die volgende opsies gestel word:
- Verkoopspersone - Verkoopspersone wat bygevoeg is in die Verkoopspersone-opsie op die Opstel → Verkoopspersoon (Opstel-duimgids), sal outomaties in die groepe gelys word. Jy kan die verkoopspersone in die Verkoopspersoon-groepe Opstel → Groepe - Verkoopspersone (Opstel-duimgids) ook wysig.
- Projekte - .Jy kan verslaggroepe vir projekte skep. Hierdie verslaggroep word gebruik om Projekte te skep te aktiveer en te bestuur. Hierdie projekte kan in joernale en/of dokumente geaktiveer word. Sodra die joernale en/of dokumente geposteer is (opgedateer is na die grootboek), kan jy verslae vir elke Projekte op die genereer.
- Tale - The Language groups allows you to add Languages. These languages can be selected in the Language field on Access control (Standard security tab). It will add a Languages tab on the Stock items. Die Taalgroepe laat jou toe om tale by te voeg. Hierdie tale kan in die Taal-veld op Toegangsbeheer (Standaardsekuriteit-oortjie) gekies word. Dit sal 'n Tale-oortjie by die voorraaditems byvoeg.
|
|
Multi-Language accounts - Manual - Shop - Eenmalige lisensie - Dit is reeds moontlik om verskillende tale vir die koppelvlak (die knoppies) te kies. Maar hierdie inprop maak dit moontlik om die rekeningkunde in verskillende tale te doen. Per gebruiker kan jy 'n taal kies, sodat die gebruiker in sy/haar eie taal kan werk. Die Stel Boeke kan in verskillende tale bekyk word, daarom is dit moontlik dat 'n werknemer inligting in 'n Engelse Stel Boeke invoer en 'n boekhouer, ouditeur, ens. kan die Stel Boeke en / of verslae (byvoorbeeld,die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, ens. in 'n spesifieke taal taal sien, bv. Afrikaans, Nederlands, ens. |
- Betalingstipes (Payment types) - nog nie getoets nie.
Om verslaggroepe te stel:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Groepe.

