Grootboekontleder
Alle geposteerde transaksies in joernale en dokumente, asook die begroting kan in die Grootboekontleder 1 / Grootboekontleder 2 besigtig, gedruk en na sigblad (“spreadsheets”) uitgevoer word.
Die opsies, is soos volg:
- Transaksies en balanse – Dit is die totale (balanse) van die transaksies in joernale en dokumente wat geposteer is.
- Daar is ses (6) verslagtipes, (d.i. Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, Standaard kolombalanse, Begroting vs werklike en Huidige jaar vs vorige jaar) wat gedruk en na sigblad (“spreadsheets”) uitgevoer kan word.
- Bykomend tot die bogenoemde ses (6) verslagtipes, is daar nog ses (6) verslagtipes wat slegs na sigblad (“spreadsheets”) uitgevoer kan word. Die verslae is;
- Kolombalanse - Lys die totale (balanse) van alle grootboek rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word.
- Kolombalanse - Debiteure - Lys die totale (balanse) van alle debiteure (kliënte / klante) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word.
- Kolombalanse - Krediteure - Lys die totale (balanse) van alle krediteure (verskaffers) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word.
- Kolombalanse D/K - Lys die totale (debiet / krediet) van alle grootboek rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word.
- Kolombalanse - Debiteure D/K - Lys die totale (debiet / krediet) van alle debiteure (kliënte / klante) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word.
- Kolombalanse - Krediteure D/K - Lys die totale (debiet / krediet) van alle krediteure (verskaffers) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”).
|
|
Die kolombalanse-verslagtipes kan nie gedruk word nie en kan slegs na 'n sigblad (bv. Microsoft Excel, LibreOffice, Apache OpenOffice, Ultra Office, ens.) uitgevoer word. |
|
|
Jy kan op enige van die kolombalanse uitvoer verslagtipes, op 'n bedrag dubbel-kliek. Dit sal die transaksies, vir die spesifieke periode, in die T-Rekeninge skerm vertoon. Jy kan die transaksies vir die spesifieke periode in die T-Rekeninge verslag druk en na 'n sigblad uitvoer. |
- Begroting – Lys die begroting wat vir rekeninge in die Budgets opsie (Verslae-duimgids) of in die Begroting-oortjie (Opstel → Rekeninge - Opstel-duimgids) ingesleutel en / of geredigeer is. Indien die "Begroting" opsie vir die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat en Standaard kolombalanse verslagtipes gekies word, sal dit die begroting-syfers lys. Benewens hierdie verslagtipes waar jy die begroting-syfers kan lys, kan jy ook die Begroting vs werklike verslag druk, om die begroting met die totale (balanse) van die geposteerde transaksies in joernale en dokumente te vergelyk.
- T-Rekeninge – Bykomend tot die verslae, kan dié transaksies ook in T-Rekeninge ontleed word. In die Grootboekontleder, kan jy 'n op 'n spesifieke rekening, groep, ens., dubbel-kliek en die “Wys detail” opsie op die konteks-kieslys kies.
|
|
Wanneer T-Rekeninge op die Verslae-duimgids geïnisieer word, kan jy ook die volgende kies:
|
|
|
Jy kan ook op een van die volgende velde kliek om spesifieke transaksies te vertoon:
|
Grootboekontleder opsies
Om 'n verslae in die Grootboekontleder te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Grootboekontleder 1 of Grootboekontleder 2.

|
|
Grootboekontleder 1 / Grootboekontleder 2 - Die volgende opsies is in osFinancials 5 geïmplementeer.
|
- Kies die volgende opsies:
|
Opsie |
Beskrywing |
|
Verslagtipe:
|
Kies een van die volgende tipes verslae:
|
|
Begroting: |
|
|
Kostesentrum 1 / 2: |
Kostesentrums sal slegs beskikbaar wees in die groepe vir die kostesentrums (Opstel → Groepe) geskep is en kostesentrums geaktiveer is. |
|
Groepe: |
Jy kan een van die volgende opsies kies:
Verslaggroep 1 en 2 – Die volgorde waarin die groepe en rekeninge gelys word, kan verander word deur die Skuif op of Skuif af knoppies (Opstel → Groepe of Opstel → Rekeninge) te gebruik. |
|
Periode: |
Kies “Per Periode” of “Per datum(s)”
|
|
Ignoreer nulbalanse: |
Kies (“merk”) dié opsie om slegs die rekeninge waarteen transaksies in joernale en dokumente vir die geselekteerde periode of datum(s) geposteer is. Indien dié opsie nie gekies (gemerk) is nie, sal alle rekeninge (insluitende die rekeninge met nulbalanse) gelys word. |
|
Wys Debiteure / Krediteure: |
Kies (“merk”) dié opsie om alle individuele debiteur (kliënt / klant)- en krediteur (verskaffer) se rekeninge te lys. Indien dié opsie nie gekies (gemerk) is nie, sal slegs die totale van die debiteure- en krediteurekontrolerekeninge gelys word. |
|
Sluit openingsbalanse in: |
Kies (“merk”) dié opsie om die openingsbalanse ook by die totale van die rekeninge waarteen transaksies in joernale en dokumente vir die geselekteerde periode of datum(s) geposteer is, te lys. Indien dié opsie nie gekies (gemerk) is nie, sal slegs die rekeninge waarteen transaksies in joernale en dokumente vir die geselekteerde periode of datum(s) geposteer is, gelys word. |
|
Slegs openingsbalanse: |
Indien die “Sluit openingsbalanse in” veld nie gekies is nie, sal dié veld nie vertoon word nie. Indien hierdie opsie gekies word, sal slegs die openingsbalanse vertoon word. |
- Sodra jy die keuses gemaak het, kan jy op een van die volgende knoppies kliek:
- Verslag - Dit sal die verslag volgens jou keuses vertoon en en / of verfris.
- Druk - Die verslag sal na die “Verstek uitset” metode (d.i. skerm, drukker, lêer, e-pos of faks) gedruk word.
- Uitvoer - Dit sal dié verslag in 'n “comma separated value (*.csv) “komma is skeidingsteken” lêer formaat stoor. Die uitgevoerde verslag behoort outomaties in jou stelsel se verstek sigblad-toepassing, byvoorbeeld, “Excel” oop gemaak te word (indien dit jou stelsel se verstek program vir dié lêertipe gekonfigureer is. Die volgende verslagtipes kan nie gedruk word nie en kan slegs uitgevoer word:
- Kolombalanse - Lys die totale (balanse) van alle grootboek rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word. Die verslag kan nie gedruk word nie en kan slegs na 'n sigblad uitgevoer word.
- Kolombalanse - Debiteure - Lys die totale (balanse) van alle debiteure (kliënte / klante) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word. Die verslag kan nie gedruk word nie en kan slegs na 'n sigblad uitgevoer word.
- Kolombalanse - Krediteure - Lys die totale (balanse) van alle krediteure (verskaffers) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word. Die verslag kan nie gedruk word nie en kan slegs na 'n sigblad uitgevoer word.
- Kolombalanse D/K - Lys die totale (debiet / krediet) van alle grootboek rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word. Die verslag kan nie gedruk word nie en kan slegs uitgevoer word.
- Kolombalanse - Debiteure D/K - Lys die totale (debiet / krediet) van alle debiteure (kliënte / klante) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word. Die verslag kan nie gedruk word nie en kan slegs uitgevoer word.
- Kolombalanse - Krediteure D/K - Lys die totale (debiet / krediet) van alle krediteure (verskaffers) se rekeninge in kolomme soos in 'n sigblad (“spreadsheet”). Dié verslagtipe kan slegs in die rekeningkode volgorde gelys word. Die verslag kan nie gedruk word nie en kan slegs uitgevoer word.
|
|
Die T-Rekeninge kan ook gekies word op die T-Rekeninge-opsie (Verslae-duimgids). |
|
|
Die Grootboekontleder sal nie outomaties opgedateer word wanneer joernale of dokumente na die grootboek bygewerk (geposteer) word nie. Jy moet op die Verslag-knoppie klik om die verslag te herbou (herlaai). |
|
|
Druk ongeposteerde joernale in die Grootboekontleder Die Grootboekontleder sluit nie ongeposteerde joernale en dokumente in nie. Jy kan 'n Proefbalans, Inkomstestaat en Balansstaat vir ongeposteerde sowel as geposeerde joernale bekyk, druk en uitvoer vanaf die Joernale (F2) konteks-kieslys "Proefbalans"-opsie. |
Wys Debiteure / Krediteure - Proefbalans / Balansstaat
Die Proefbalans en Balansstaat verslagtipes laat jou toe om die "Wys Debiteure / Krediteure" opsie te kies. Dit sal die individuele debiteure (kliënt/klant) rekeningsaldo's vir die Debiteure-kontrolerekening en die individuele krediteure (verskaffer) rekeningsaldo's vir die Krediteure-kontrolerekening lys.
Moenie dié opsie kies (merk) as jy slegs die kontrolerekeninge van die Debiteure- en Krediteure hoef te sien nie.
'n Voorbeeld, in die "Proefbalans" en "Balansstaat", wat die individuele debiteur (kliënt / klant) en individuele krediteur (verskaffer) rekeninge lys, is soos volg:











