Hierdie opsie kan slegs in die "Prosesseer joernaal"-opsies vir Betalingsjoernale wat aan Bankrekeninge gekoppel is, geselekteer word, en is nie vir enige ander joernale beskikbaar nie. 

Die "Krediteurbalanse soos op"- Prosesseer joernaal-opsie laat jou toe om betalingstransaksies die uitstaande balanse vir al jou krediteure (verskaffers) op 'n bepaalde datum in die betalingsjoernaal te genereer. 

Jy kan dan die joernaal wysig (byvoorbeeld, besluit watter krediteure (verskaffers) om te betaal, die bedrae verander, krediteure (verskaffers) wat jy nie nou wil betaal nie, te skrap, ens.)

Om transaksies vir krediteure (verskaffers) soos om 'n spesifieke datum te prosesseer:

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Joernale (F2).
  2. Kies die Betalingsjoernaal wat aan die bankrekening gekoppel is, waaruit jy die betalings aan jou krediteure (verskaffers) gaan maak, en klik op die Maak oop-knoppie. 

Indien jy meer as een Bankrekening het, moet jy seker maak dat jy die korrekte Betalingsjoernaal kies vir die Bankrekening waaruit jy die betaling wil maak.

  1. Sleutel die Alias (Joernaalnaam) in die "Wysig joernaalnaam" veld., indien nodig.
  2. Kliek op die F9:Prosesseer ikoon.

  1. Kies die Krediteurbalanse soos op-opsie en kliek Goed.

  1. Kies die datum waarop jy die uitstaande transaksies / balanse van al jou krediteure (verskaffers) as betalingstransaksies die betalingsjoernaal wil genereer. 
  2. Kliek Goed

  1. Redigeer die joernaal, byvoorbeeld, besluit watter krediteure (verskaffers) om te betaal, die bedrae verander, krediteure (verskaffers) wat jy nie nou wil betaal nie, te skrap, ens.)

Indien die verwerkings-ikone op die "Joernaalinvoer"-skerm onaktief is tydens hierdie proses, moet jy dalk die joernaal toemaak en heropen.

Oopitem krediteur (verskaffer) rekeninge 

As 'n krediteur (verskaffer) rekening as 'n Oopitem rekening gestel is, en wanneer jy 'n transaksie wysig of kies, sal die "Oopitem seleksie" skerm sal vertoon word. Jy kan 'n transaksie bevestig of kies aan watter aankoopfakture of transaksies jy die betaling wil koppel.

Sodra jy klaar is met die invoer / redigering van die transaksies in die joernaal, moet jy: - 

  1. Verander die Alias (Joernaalnaam)
  2. Balanseer die joernaal
  3. Lys die joernaal
  4. Posteer die joernaal.