Gewoonlik moet jy 'n kwitansie uitskryf en aan 'n debiteur of kliënt oorhandig. Die kopie van die kwitansie word gebruik om die bedrae op die depositostrokie te rekonsilieer en te deponeer. Alle ontvangstes moet in die ontvangstejoernaal van die bankrekening waarin die gelde gedeponeer word, ingevoer. 

Jy kan 'n kwitansie in die betrokke ontvangstejoernaal van die bankrekening waarin jy die gelde gaan deponeer, outomaties skep, wat jy kan jyitdruk en aan jou debiteure (kliënte / klante) kan oorhandig. 

Die kwitansie sal dan outomaties 'n transaksie in die betrokke ontvangste joernaal vir jou skep of invoeg. Wanneer jy die depositostrokie invul om die ontvangstes te deponeer, kan jy die kwitansies in die ontvangstejoernaal met die depositostrokie rekonsilieer.

Skep kwitansie opsies

Om 'n kwitansie te skep:

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Joernale (F2).
  2. Kies die onvangstejoernaal wat aan die bankrekening gekoppel is, waarin jy die ontvangstes gaan deponeer en klik op die Maak oop-knoppie. 

Indien jy meer as een Bankrekening het, moet jy seker maak dat jy die korrekte Ontvangstejoernaal kies vir die Bankrekening waarin jy die betaling wat ontvang gaan deponeer.

  1. Sleutel die Alias (Joernaalnaam) in die "Wysig joernaalnaam" veld., indien nodig.
  2. Kliek op die F9:Prosesseer ikoon.

  1. Kies die Skep kwitansies-opsie en kliek Goed.

  1. Kies en sleutel die toepaslike besonderhede in die volgende velde in:
    1. Rekening - Kies die rekening waarheen jy die ontvangste wil toewys. Dit sal normaalweg 'n debiteurrekening wees, maar kan ook 'n algemene grootboekrekening wees, byvoorbeeld Verkope van Vaste bates.
    2. Datum - Die stelseldatum sal outomaties vertoon word. 
    3. Beskrywing - Sleutel 'n beskrywing in. Die beskrywing behoort ook sinvol te wees, aangesien dit die rede of aard van die ontvangste op die kwitansie asook op debiteure se rekeningstate sal vertoon.
    4. Bedrag - Sleutel die bedrag in syfers in. Jy kan tot nege biljoen, nege honderd nege en negentig miljoen, nege honderd nege en negentig duisend, nege honderd nege en negentig Rand en nege en negentig sente (9 999 999 999,99) insleutel.

As jou stelsel se syferskeier "Digit grouping symbol" op 'n komma gestel is en jou stelsel se Desimale simbool is op 'n punt gestel, moenie 'n komma as die desimale skeiding invoer nie. As 'n komma as 'n syferskeier gebruik word, sal dit die transaksiebedrag druk en genereer as 115,000,00 in plaas van 1,150,00.

    1. Betalingsmetode - Kies kontant, tjek, kredietkaart of ander.
    2. Druk uit - Kies om die kwitansie uit te druk. Indien hierdie veld blanko gelaat word, sal slegs die transaksie gegenereer word en geen kwitansie sal gedruk word nie.
    3. Stuur verslag na - Kies skerm, drukker, lêer, e-pos of faks.
    4. Kopieë - Nie tans geïmplementeer nie.
  1. Kliek die Goed-knoppie. Die kwitansie sal na die medium (skerm, drukker, lêer, e-pos of faks) gestuur word slegs indien die "Druk uit" veld geselekteer is. Die transaksie vir die kwitansie sal outomaties in die betrokke ontvangstejoernaal geskep word.

  1. Kliek Goed.

Gedruk : Kwitansie 

Indien 'n Kwitansie uitgedruk word, sal dit soos volg vertoon:

Om die bedrag in woorde korrek op kwitansies te vertoon, waar die reëls anders is as in Engels of ander tale, moet jy die "Nederlandse teks numering-opsie kies op Opstel → Dataparameters (Opstel-duimgids).

Kwitansie joernaal-transaksies

Die transaksie vir die kwitansie sal outomaties in die betrokke ontvangstejoernaal geskep word.

Balanseer die joernaal.

Indien die verwerkings-ikone op die "Joernaalinvoer"-skerm onaktief is tydens hierdie proses, moet jy dalk die joernaal toemaak en heropen.

Jy moet die verwysingsnommers in die verwysingveld van die ontvangstejoernaal met die depositostrokie nommer waarop die ontvangste gedeponeer is, vervang. Dit is belangrik dat die depositonommers wat in die ontvangstejoernaal gebruik word met die inskrywings op die bankstaat ooreenstem om jou bankrekonsiliasie te vergemaklik.

Oopitem debiteur (kliënt / klant) rekeninge 

As 'n debiteur (kliënt / klant) rekening as 'n Oopitem rekening gestel is, en wanneer jy 'n transaksie wysig of kies, sal die "Oopitem seleksie" skerm sal vertoon word. Jy kan 'n transaksie bevestig of kies aan watter fakture of transaksies jy die kwitansie wil koppel.

Sodra jy klaar is met die invoer / redigering van die transaksies in die joernaal, moet jy: - 

  1. Verander die Alias (Joernaalnaam)
  2. Balanseer die joernaal
  3. Lys die joernaal
  4. Posteer die joernaal.