Jy sal dié opsie gebruik wanneer jy ‘n nuwe belastingrekening wil skep vir Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW), waar jy ‘n persentasie op jou verkope (Uitset belasting) moet hef en ‘n persentasie op jou aankope (Inset belasting) kan eis. 

Jy kan ook die beskrywings van ‘n bestaande rekening wysig, koerse verander wanneer wetgewing gewysig word, of selfs ‘n bestaande rekening skrap. 

Indien daar reeds transaksies teen 'n BTW-rekening geposteer is, kan jy dié BTW-rekening se status as onaktief stel om te voorkom dat verdere transaksies teen dié rekening geposteer word.  

Indien jy vir BTW geregistreer is, benodig jy twee basiese rekeninge, d.i. Uitset BTW waarin die persentasie wat jy op jou verkope hef en ‘n Inset BTW rekening waarin die persentasie op jou aankope van ‘n ander geregistreerde BTW party wat jy kan terugeis, te boek gestel moet word. 

Die belastingkodes en -persentasies verskil van land tot land en daar kan van jou verwag word om die persentasies te verander en nuwe kodes te skep wanneer die wetgewing verander.

Dit is van uiterste belang dat jy hierdie kodes en persentasies korrek skep om by jou behoeftes en die vereistes van wetgewing van toepassing op jou land te pas. Jy moet die Belastingrekeninge (Belastingkodes) skep of byvoeg wat jy nodig het om jou BTW-opgawe in te vul. Jy kan dan die BTW per periode verslag druk om jou BTW-opgawe in te vul.

Hierdie belastingkodes, of belastingrekeninge, moet as subrekeninge geskep word tussen die BTW-Kontrole- en BTW-Belalingsrekening. 

Voordat jy die belastingkodes kan skep, benodig jy die volgende twee Algemene grootboekrekeninge wat in Opstel → Rekeninge (Opstel-duimgids) geskep is: 

  1. BTW-Kotrolerekening - die hoofrekening wat as 'n totaalrekening vir die Belastingkodes gebruik sal word.
  2. BTW-Betalingsrekening - die subrekening wat jy nodig het om jou Belasting betaalbaar toe te wys (soos ingedien op jou BTW-opgawes wanneer jy betalings in die betalingsjoernaal aan die Belastingowerhede maak. In gevalle waar die Insetbelasting meer is as die Uitsetbelasting, moet jy die terugbetalings wat van die Belastingowerhede ontvang is in die ontvangstejoernaal toewys.

osFinancials het reeds vir jou basiese Uitset BTW en Inset BTW rekening as sub-rekeninge van die BTW kontrolerekening as ‘n Bedryfslaste in die meesters “sjablone” ingesluit.  

Die volgende BTW-rekeninge is reeds vir die doeleindes van dié dokumentasie geskep:

Rekeningkode

Beskrywing 

BTW-koers 

T860-010 

Uitset BTW  

15%

T860-020

Inset BTW - Standaardkoers

15%

T860-030

Inset BTW - Kapitaalgoedere

15%

T860-040

Nulkoers BTW

0%

Die Uitset BTW en ‘n Inset BTW rekening as sub-rekeninge van die BTW kontrolerekening as ‘n Bedryfslaste in die meesters “sjablone” ingesluit.  

Die BTW-rekeninge wat in die AF-SUID-AFRIKA Stel Boeke ingesluit is, is soos volg:


BTW-kode

Beskrywing 

BTW-koers 


T950-010 

Uitset BTW  

15%

T950-020

Inset BTW - Standaardkoers

15%

T950-030

Inset BTW - Kapitaalgoedere

15%

T950-040

Nulkoers BTW

0%

Bykomend tot dié twee basiese rekeninge (d.i. Uitset BTW en Inset-BTW), kan jy verdere sub-rekeninge skep om die onderskeie klassifikasies en / of belasting-persentasies te akkommodeer om jou te help om die BTW-opgawes te voltooi en die korrekte betalings aan die belasting owerheid te maak.

Skep van BTW-kodes

Om nuwe BTW-kode - Nulkoers - BTW te skep:

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Rekeninge
  1. Kies die “G860000” BTW - Kontrolerekening – 15%” en kliek op die Byvoeg:Rekening ikoon (of kies die Byvoeg opsie op die konteks-kieslys). Die nuwe grootboekrekening word as “G860 000 – Rekening naam” op die lys van rekeninge vertoon. 

  1. Kies die volgende opsies en sleutel die naam van die rekening in:        
    1. Rekeningtipe - Kies “BTW”.
    2. Rekeningnr. -  Die hoofrekening se nommer, “860” is onaktief. Die “Subrekening” veld sal “000” vertoon. Sleutel “040” in.  
    3. Beskrywing - Verander “Rekening naam” met “Nulkoers - BTW - 0%”.
    4. Rekeninggroep 1 - Kies “Bedryfslaste”. 
    5. Rekeninggroep 2 - Kies “Bedryfslaste2”.
    6. Rekeningtipe - “Balansstaat” behoort vertoon te wees.
    7. Sub-rekeninge - Hierdie opsie kan nie gekies word nie. Die" Nulkoers - BTW - 0%" is 'n sub-rekening van die "BTW-Kontrolerekening -15%" hoofrekening. 
    8. Status - “Aktief” (verstek) behoort vertoon te wees.
    9. Oopitem rekening - “Nee” (verstek) behoort vertoon te wees.
    10. Koppel BTW - “Leeg” (verstek) behoort vertoon te wees.
  1. Kliek op die BTW-duimgids. 
    1. Persentasie - Sleutel “0” in.
    2. Gebruik koppel BTW – Moet nie hierdie opsie kies nie.
    3. Vertoon BTW in dokumente – Laat hierdie opsie op “Alles”.
  2. Kliek Stoor.   
  3. Kontroleer die BTW-kodes teen 15%  insluitende die Nul-koers BTW-kode, en redigeer en skep soos nodig.   

Die Balansstaat rekening ikoon (Bates / Laste) sal verander na die   BTW-rekeningtipe ikoon.

Engelse Stelle Boeke vir VAT/GST/SalesTax

English (Verstek-taallêer) verwys na "Tax".  As jy die volgende Engelse tale kies, sal dit na die volgende belastingterminologie verwys:

English VAT

English GST

English Sales Tax / Consumption Tax

en-Bangladesh

en-Australia

en-American (Sales Tax)

en-Barbados

en-Belize

en-Tonga (Consumption Tax)

en-Botswana

en-New-Zealand



en-Cameroon





en-Ireland





en-Isle-of-Man





en-Lesotho





en-Malawi





en-Malta





en-Mauritius





en-Namibia





en-Rwanda





en-South-Africa





en-Tanzania





en-Trinadad





en-Uganda





en-UK





en-Zambia





en-Zimbabwe