Jy kan jou voorraaditemlêer na 'n Excel-sigblad uit voer. Jy kan dan nuwe voorraaditems byvoeg, bestaande voorraaditems wysig en dit invoer in jou voorraaditemlêer. 

Jy kan dan die gestoorde "Excel Werkboek (*.xlsx)" lêer kies en dit oopmaak om jou voorraaditems in te voer.  

Om 'n Excel Workbook (xlsx) uitvoerlêer vir Voorraaditems te skep

  1. Maak die Stel Boeke oop waaruit jy 'n sigblad-uitvoerlêer wil skep.
  2. Op die Opstel-duimgids, kies Invoer

 

  1. Kies Voorraad.
  2. Kliek op die Excel import export-knoppie.  'n Leë "Data Import Export"-sigblad sal slegs die kolom-opskrifte van die voorraaditems-tabel in die databasis vertoon:

  1. Klik op die Uitvoer-ikoon. Die voorraaditems sal uitgevoer word na die"Data Import Export"-sigblad

  1. Jy kan nuwe voorraaditems byvoeg, die voorraaditems wysig, die hoeveelhede verander, verkooppryse, watter kolom vir 'n voorraaditem, soos wat jy benodig.
  2. Klik op die Stoor as...-ikoon (Besigtig-duimgids) om die "Data Import Export" -sigblad as 'n "Excel Workbook (*.xlsx)" lêer te stoor.

  1. Kies die plek waar jy die uitvoerlêer wil stoor.
  2. Die verstek lêertipe "Excel Workbook (*.xlsx)".  Tik 'n naam vir die uitvoerlêer in en kliek Save.
  3. Maak die "Data Import Export"-skerm toe.