Die Begin-duimgids groepeer die funksies en aksies wat nodig is om die Stelle Boeke in osFinancials5 te bestuur (oopmaak, toemaak skep, skrap, stoor as, rugsteun en herstel), die taal te kies, registrasie en opsies vir hulp en ondersteuning. 

Die volgende nege (9) opsies is beskikbaar:

  1. Maak oop - Om 'n bestaande Stel Boeke oop te maak. Jy kan 'n Stel Boeke op enige plek op jou stelsel soek en oopmaak.
  2. Rugsteun / Herstel - Skep rugsteunlêers van Stelle Boeke. Jy kan ook die Stel Boeke vanaf 'n geldige rugsteunlêer herstel.
  3. Maak Stel Boerke toe -  Die oop (aktiewe) Stel Boeke sal toegemaak word. Al die ander duimgidse sal nie toeganklik wees nie.
  4. Skep Stel Boeke - Skep 'n nuwe Stel Boeke (met behulp van die Skeppingsassistent) te skep. Daar is geen beperking op die aantal Stelle Boeke wat jy kan skep nie.
  5. Skrap Stel Boeke - Om 'n Stel Boeke permanent vanaf jou rekenaar te verwyder (skrap).
  6. Stoor as - Jy kan 'n identiese kopie van 'n geselekteerde Stel Boeke skep. 
  7. Switch language - Jy kan hierdie opsie gebruik om 'n ander taal te kies. Die osFinancials5 program sal by verstek in die taal wat aan die Stel Boeke gekoppel is, wanneer jy 'n Stel Boeke oopmaak, vertoon word. Wanneer jy 'n Stel Boeke oopmaak, sal die taal wat in die Stel Boeke (Opstel → Toegangsbeheer) gestel is, vertoon word. Die taal wat vir die Stel Boeke gekies is sal die taal-koppelvlak vertoon word en alle dokumente, verslae, ensovoorts, sal in dié taal gedruk word. 
  8. Aanlyn registrasie - Registreer osFinancials. 
  9. Help - Inisieer die hulplêer, skakels na webtuistes (forum, foutrapportering, webwinkel), ondersteuning details, ens. Die “Opdaterings” opsie kan gebruik word om jou osFinancials program op te dateer.