Hierdie opsie stel jou in staat om jou data op jou hardeskyf te herstel. 

Om 'n Stel Boeke te kan herstel vanaf 'n rugsteuning moet 'n geldige rugsteunlêer bestaan. 

Indien daar geen geldige rugsteunlêer bestaan nie, sal osFinancials5 'n fout-boodskap vertoon dat die rugsteunlêer nie gevind kan word nie.

Dit mag egter gebeur dat jou data om een of ander rede korrup mag word. Deur die herstel opsie te gebruik, sal die data van 'n vorige rugsteun herstel word en sal moontlike foute korrigeer. 

Jy moet egter jou data vanaf die laaste rugsteun totdat dit korrup geraak het, weer invoer. 

Dit word aanbeveel dat jy rekord hou van watter data jy gerugsteun het en watter data nie gerugsteun is nie om te voorkom dat jy data weer insleutel wat reeds op jou rugsteun-lêer ingesluit is. Die aantal data wat jy weer moet insleutel, word deur die frekwensie en omvang van jou data wat sedert jou laaste rugsteun geprosesseer is.

Om 'n Stel Boeke van 'n rugsteunlêer te herstel:

  1. Op die Begin-duimgids, kies Rugsteun / Herstel. Indien 'n Stel Boeke reeds op jou stelsel oop is, sal dié Stel Boeke outomaties toe gemaak word en die “Rugsteun Stel Boeke” skerm sal vertoon word.
  2. Kies Herstel. Die “Rugsteun Stel Boeke” skerm, sal na die “Herstel Stel Boeke” skerm verander. 

 

  1. Kliek op die knoppie (aan die regterkant van die “Lêernaam” veld) om die osFinancials5 - Kies rugsteunlêer skerm te inisieer. Kies die korrekte rugsteunlêer vir die Stel Boeke wat jy wil herstel.  

Indien nodig, kan jy op die knoppie (aan die regterkant van die “Herstel van” veld) kliek om die rugsteun-omslag te kies.

  1. Maak seker dat die korrekte rugsteun lêer gekies is deur na die naam en plek byvoorbeeld, “F:/RUGSTEUN”) langs die “Herstel na” veld te kyk.
  2. Kliek op die Herstel-knoppie. Die volgende bevestigingsboodskap sal vertoon word:

  1. Kliek Ja, indien jy seker is dat die korrekte rugsteunlêer gekies is en dat jy wil voortgaan. Indien jy absoluut seker is dat jy wil voortgaan, merk die "Ek het dié instruksie gelees en verstaan dié aksie!" veld. 

  1. Die Ja en Nee knoppies sal dan op dié skerm vertoon word. 

  1. Kliek op Ja. Die volgende inligting-boodkap sal vertoon word:

Indien jy op die Nee knoppie kliek, sal die proses gestaak word.  

  1. Kliek Ja op die inligting-boodskap. Sodra die herstel-proses afgehandel is, sal die volgende inligting-boodskap vertoon word:

  1. Kliek Goed op dié inligting-boodskap.
  2. Kliek Maak toe op die “Herstel Stel Boeke” skerm. Die laaste Stel Boeke (indien dit oopgemaak was, toe jy die Rugsteun / Herstel funksie geïnisieer het), sal outomaties oopgemaak word.

Enige beelde wat aan Groepe en Voorraaditems gekoppel is, sal ook gerugsteun en herstel word as dit by die Rugsteunlêer ingesluit is ("Klein rugsteun (slegs databasis)"-opsie is nie op die "Rugsteun Stel boeke"-skerm gekies nie.


Fout - Lêer nie gevind

Indien die gespesifiseerde rugsteunlêer nie bestaan nie, of in enige ander plek as die geselekteerde plek op jou stelsel gestoor is, sal die volgende fout-boodskap vertoon word: 

Kliek op Goed. Vind en selekteer die korrekte rugsteunlêer.