Grafiek - Fakture - Kredietnotas per week
|
|
Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Fakture of Kredietnotas) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou fakture en kredietnotas in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.:
|
Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou fakture en kredietnotas vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:
- Grafiek - Verkope per week - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jou fakture en kredietnotas per week in 'n staafgrafiek.
- Grafiek - Verkope per week - Bedrag - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jou fakture en kredietnotas per week in 'n staafgrafiek.
|
|
Hierdie grafiek sluit slegs fakture en kredietnotas in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde fakture en kredietnotas sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Grafiek - Fakture - Kredietnotas per week opsies
Om 'n Grafiek vir jou fakture en kredietnotas per week te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per week → Verkope → Verkope per periode.
- Die "Grafiek - Fakture - Kredietnotas per week - Hoeveelhede" is die verstek verslag. Jy kan ook die "Grafiek - Fakture - Kredietnotas per week - Bedrag" kies.

- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Kliek Goed.
Gedruk : Grafiek - Fakture - Kredietnotas per week - Hoeveelhede
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Fakture - Kredietnotas per week - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op fakture en kredietnotas per week.
- Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
- Totale - Fakture - Kredietnotas - Die totale aantal eenhede van die fakture en kredietnotas vir die geselekteerde periode.
Gedruk : Grafiek - Fakture - Kredietnotas per week - Bedrag
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Fakture - Kredietnotas per week - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die fakture en kredietnotas per week.
- Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
- Totale - Fakture - Kredietnotas - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die fakture en kredietnotas vir die geselekteerde periode.

