Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Kwotasies) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou kwotasies in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.: 

  • Dokumenttipes - Kies die Kwotasies-dokumenttipe. 
  • Dokument status - Kies Alle, Geposteer, Ongeposteer of Bevestig  
  • Filteropsies - Kies die verskillende opsies om data in of uit te sluit wat by die grafiek ingesluit moet word, ens.

Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou kwotasies vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:

  • Grafiek - Kwotasies per maand - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jou kwotasies per maand in 'n staafgrafiek. 
  • Grafiek - Kwotasies per maand - Bedrag - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jou kwotasies per maand in 'n staafgrafiek. 

Hierdie grafiek sluit slegs kwotasies in wat geposteer en bevestig is in. Onbevestigde kwotasies sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Grafiek - Kwotasies per maand opsies

Om 'n Grafiek vir jou kwotasies per maand te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per maand → Verkope → Kwotasies per periode.
  2. Die "Grafiek - Kwotasies per maand - Hoeveelhede" is die verstek verslag. Jy kan ook die  "Grafiek - Kwotasies per maand - Bedrag" kies. 

  1. Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies. 
  2. Kliek Goed

Gedruk : Grafiek - Kwotasies per maand - Hoeveelhede

'n Voorbeeld van die "Grafiek - Kwotasies per maand - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:

  1. Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op kwotasies per maand.   
  2. Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM". 
  3. Totale - Kwotasies - Die totale aantal eenhede van die kwotasies vir die geselekteerde periode.

Gedruk : Grafiek - Kwotasies per maand - Bedrag

'n Voorbeeld van die "Grafiek - Kwotasies per maand - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:

  1. Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die kwotasies per maand.   
  2. Horisontale as - Die maand in die kalender jaar in die formaat "YYYYMM". 
  3. Totale - Kwotasies - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die kwotasies vir die geselekteerde periode.