Skep 'n presiese kopie van die geselekteerde dokument(e) vir dieselfde dokumenttipe .Jy kan dan die rekening verander, indien nodig. Jy kan ook die dokument(e) redigeer, indien nodig. 

Om dokumente te kopieer:

  1. Kies die tipe dokument (d.i. verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) of aankoopdokumente (Aankope of Verskafferretoere of Bestellings)) wat jy wil kopieer. 
  2. Kies die dokument of dokumente wat jy wil kopieer.

Om meer as een dokument te kies, druk die Ctrl of Shift-sleutel en kliek wat jy wil kopieer.

  1. Regs-kliek en kies Dokumente Kopieer dokument opsie op die konteks-kieslys. Identiese kopieë van die geselekteerde dokumente (op jou stelseldatum) vir dieselfde dokumenttipe sal geskep word.  

  1. Jy kan dan die dokumente redigeer en die dokumente na die grootboek opdateer (posteer).

Sodra 'n dokument gekopieer is, sal die geselekteerde brondokument se dokumentnommer, waaruit dit gekopieer is, by die derde boodskapreël gevoeg word. 

Jy moet die eerste en tweede boodskapreël wysig, indien nodig. 

Let op die volgende: 

  • Datum - Die stelseldatum sal gebruik word. Jy kan die datum wysig, indien nodig. 
  • Boodskapreëls 1 en 2 - Dokumentboodskap (gestel in die Opstel → Opstel dokumente op die Opstel-duimgids) sal ook by die gekopieerde boodskap van die geselekteerde brondokument gevoeg word. 
  • Boodskapreël 3 - Tot 2 verwysings vir dokumentnommers (bv. FA000022 (die jongste dokumentverwysing waaruit die dokument gekopieer is sal outomaties voor enige bestaande dokumentnommers op die brondokument (waaruit hierdie dokument gekopieer is) ingevoeg word. Slegs 5 syfers van die 3 dokumentnommer beskikbaar sal wees.



Kommentaar en opmerkings 

Die kommentaar en opmerkings, indien bygevoeg in die brondokument (waarvan dié dokument gekopieer was) sal ingesluit word in die gekopieerde dokument. Jy sal dit dalk moet kontroleer en wysig, indien nodig. 

Dit is belangrik indien spesifieke inligting vir die voorraaditem (soos byvoorbeeld, reeks -of serienommers, ens.) nie in die gekopieerde dokument van toepassing mag wees nie.