Die Verslaggroepe vir jou dokumente (d.i. Fakture, Kredietnotas, Kwotasies, Aankope, Verskafferretoere en Bestellings), kan verander word, ongeag of die dokumente reeds na die grootboek opgedateer (geposteer) is, aldan nie. 

Alle Dokumentgroep 1 of Dokumentgroep 2 wat jy aan dokumente gekoppel het, sal hier gelys word. Indien jy 'n Dokumentgroep per abuis nie aan 'n dokument gekoppel het nie, of die dokumentgroepe wil verander kan jy dit steeds doen.

Jy kan die dokument verslaggroepe vir geposteerde sowel as ongeposteerde dokumente wysig.

Om die dokumentgroep 1 / 2 vir dokumente te verander: 

  1. Op die Dokumentinvoer-rooster skerm,  Kies die dokumenttipe (d.i. Verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) of Aankoopdokumente (Aankope of Verskafferretoere of Bestellings)).
  2. Kies die dokumente.

Om meer as een dokument te kies, druk die Ctrl of Shift-sleutel en kliek waarvoor jy die dokumentgroepe wil verander.

  1. Regs-kliek en kies Dokumentgroep 1 of Dokumentgroep 2 opsie op die konteks-kieslys. Kies 'n dokumentgroep  vanuit die lys. Dit sal die dokumentgroep verander in dokumente, sowel as in verslae.