Dokumentinvoer-vorm - Geposteerde dokumente
Jy kan egter steeds die dokumente sien soos hulle oorspronklik verwerk is in die Dokumentinvoer-vorm voordat hierdie dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is.
Sodra 'n dokument (Fakture, Kredietnotas, Aankope of Verskafferretoere) na die grootboek opgedateer (geposteer) is, kan jy nie hierdie geposteerde dokumente redigeer (wysig of verander) nie.
Om die geposteerde dokumente in die Dokumentinvoer-vorm sien:
- Kies die dokumenttipe (Fakture, Kredietnotas, Aankope of Verskafferretoere).
- Kies "Geposteer" op die Dokument-rooster skerm. Slegs die geposteerde dokumente sal gelys word.
- Kies 'n geposteerde dokument op die lys.
- Klik op die Redigeer-knoppie.
|
|
Jy kan ook op 'n geselekteerde dokument dubbel-kliek. |
Die dokument word in die Dokumentinvoer-vorm vertoon:

|
|
Kommentaar is soortgelyk aan opmerkings. Jy kan op die +-ikoon (voor die voorraadkode) klik om 'n kommentaar vir die voorraaditem te wys. Jy kan Uitbrei of Insak-opsies op die konteks-kieslys kies om opmerkings te wys of te versteek. |
|
|
Om die volledige Opmerking in dié dokument te sien kan jy die dokument druk, of jy kan op 'n opmerking reël dubbel-kliek. Jy sal dié opmerking egter nie kan redigeer nie. |
|
|
Die Skuif op, Skuif af en Sorteer op voorraadkode opsies op die konteks-kieslys om kan die volgorde van die dokumentreëls te verander. Dit sal nie die volgorde van transaksies en/of opmerkings verander wanneer jy die geposteerde dokumentinvoer-vorm kanselleer nie. |
- Om hierdie skerm toe te maak, klik op die Kanselleer-knoppie.
|
|
Die uitleg Dokumentinvoer-vorm vertoon alle velde soos op die oorspronklike Dokumentinvoer-vorm voordat dit na die grootboek bygewerk (geposteer) is. Die transaksie-afdeling lys al die voorraaditemkodes en/of opmerkings. Dit wys nie die verwerkingsikone nie, aangesien geposteerde dokumente nie geredigeer kan word nie. Die "Sleutel totaal in"-opsie op die konteks-kieslys sal ook gedeaktiveer wees, aangesien geposteerde dokumente nie geredigeer kan word nie. |
|
|
Om die dokument te druk, klik op die Kanselleer-knoppie en klik op die Druk-knoppie op die Dokumentinvoer-rooster skerm. |


