Jy kan 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening vir verkoopsdokumente (d.w.s. Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) redigeer (wysig) of 'n krediteur (verskaffer) se rekening vir aankoopdokumente (d.w.s. Aankope, Verskafferretoere of Bestellings) te redigeer (wysig) deur die dokumentbesonderhede te gebruik. 


Sodra die veranderinge op 'n rekening gestoor is, sal dit in die dokument-kop van ongeposteerde dokumente weerspieël word. 

As 'n dokument na die grootboek opgedateer is, en die rekening word geredigeer, sal die veranderinge nie in die dokument-kop gereflekteer word nie. 

Redigeer 'n debiteur (kliënt / klant) rekening

Om 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening vanuit die dokument te redigeer:

  1. Kies die verkoopsdokument tipe (d.i. Faktuur of Kredietnota of Kwotasie).
  2. Kies die dokument waarvoor jy die rekening wil redigeer.
  3. Regs-kliek en kies Dokumente Redigeer rekening opsie op die konteks-kieslys. Die "Debiteurrekeninge"- vorm van die debiteur (kliënt / klant) rekening wat in die geselekteerde verkoopsdokument (d.w.s. Faktuur, Kredietnota of Kwotasie) voorkom, word vertoon:

  1. Redigeer (wysig) die velde, soos nodig.
  2. Kliek Stoor of Goed

Redigeer 'n krediteur (verskaffer) rekening

Om 'n krediteur (verskaffer) se rekening vanuit die dokument te redigeer:

  1. Kies die aankoopdokument (d.i. Aankope, Verskafferretoere of Bestellings).
  2. Kies die dokument waarvoor jy die rekening wil redigeer.
  3. Regs-kliek en kies Dokumente Redigeer rekening opsie op die konteks-kieslys. Die "Krediteurrekeninge"- vorm van die krediteur (verskaffer) rekening wat in die geselekteerde aankoopdokument (d.w.s. Aankoop, Verskafferretoer of Bestelling) voorkom, word vertoon:

  1. Redigeer (wysig) die velde, soos nodig.
  2. Kliek Stoor of Goed.