Doen jaar-einde
|
|
Die Log-verslag in Opstel → Toegangsbeheer (Opstel-duimgids) sal die datum en tyd vertoon, asook watter gebruiker en op watter rekenaar, die jaar-ende gedoen het en 'n nuwe finansiële jaar oopgemaak het as OPEN YEAR - Open new year. |
|
|
Wanneer 'n Stel Boeke oopgemaak word, waarvan die finansiële jaar reeds verstryk het, sal 'n bevestiging-boodskap vertoon word om die jaareinde te doen.
As jy wil voortgaan, klik op die Ja-knoppie. |
|
|
Indien jy nie op hierdie stadium die Jaar-einde wil doen nie, en aanhou om in die Stel Boeke in die vorige finansiële jaar te werk, sal hierdie bevestiging-boodskap vertoon word elke keer wanneer die Stel Boeke oopgemaak word. As jy nie hierdie boodskap wil ontvang wanneer jy die Stel Boeke oopmaak nie, klik op die Alles-knoppie om hierdie bevestiging-boodskap te versteek. Wanneer jy gereed is om die jaareinde te doen, gaan na die Opstel-duimgids en kies Doen jaar-einde. |
|
|
As jy op die Maak oop-knoppie op die "Stel Boeke"-skerm klik, en die begin van die finansiële jaar (vir die Stel Boeke) is ouer as die stelseldatum, sal die soortgelyke bevestiging-boodskap vertoon word. As jy op die Ja-knoppie klik, kan jy voortgaan om die jaareinde te doen. As jy op die Nee-knoppie klik, kan jy na die Doen jaar-einde op die Opstel-duimgids gaan. |
Hierdie opsie sal die jaar-einde proses inisieer. Dit sal al die inkomste/uitgawe-rekeninge balanseer en die balanse van elke rekening na die behoue verdienste- of behoue-inkomste rekening oorplaas.
|
|
Die behoue verdienste- of behoue-inkomste rekening sal dan jou netto wins of verlies vir die jaar wys. Die balanse van die balansstaat rekeninge word na die Nuwejaar oorgedra. |
Die finansiële periodes se datums word opgedateer om vir die Nuwejaar voorsiening te maak. Sodra die jaar-einde prosedure voltooi is, sal jy transaksies na jou nuwe finansiële jaar kan posteer.
|
|
osFinancials stoor die transaksies en balanse vir rekeninge vir tot twee finansiële jare (Hierdie jaar en Verlede jaar). Jy sal steeds die transaksies en verslae vir die vorige (geslote) finansiële jaar kan sien. |
|
|
Voordat jy dié jaar-einde prosedure kan jyitvoer om al jou rekeninge vir 'n spesifieke finansiële jaar af te sluit, moet jy:
|
Om 'n jaareinde te doen:
- Op die Opstel-duimgids, kies Doen jaar-einde. Die volgende inligting-boodskap word vertoon:

- As jy absoluut seker is, merk die "Ek het dié instruksie gelees en verstaan die aksie!" veld. Die Ja- en Nee-knoppies sal op hierdie skerm beskikbaar wees.

|
|
As jy nie rugsteun gemaak het nie, klik op die Nee-knoppie en rugsteun jou Stel Boeke. |
- As jy op die Ja-knoppie klik, word 'n bevestiging-boodskap vertoon:

- Klik op die Ja-knoppie as jy absoluut seker is dat jy rugsteun gemaak het.
|
|
Dit is jou laaste kans om hierdie proses te kanselleer. As jy die proses wil staak, klik op die Ja-knoppie. |
- Klik op die Nee-knoppie om die proses te begin.
|
|
Dit word aanbeveel dat jy nie jou stelsel vir ander take gebruik terwyl hierdie proses aan die gang is nie. |
- Sodra die proses voltooi is, word die bevestiging-boodskap vertoon:

- Klik op die Goed-knoppie. Jy kan in die nuwe jaar aanhou werk.
Posteer na verlede jaar
- Transaksies kan egter na die vorige finansiële jaar geposteer word, nadat die jaar-einde prosedure uitgevoer is. Indien die joernaal transaksies bevat met 'n datum wat verband hou met die vorige finansiële jaar, (Byvoorbeeld, as die huidige finansiële jaar van 01/03/2022 tot 28/02/2023 is, en die datum van die transaksie is 10/03/2021 ), sal 'n bevestiging-boodskap vertoon word:
"Wil jy voortgaan met dié postering?
Joernaal bevat transaksies wat na verlede jaar posteer!"
- Kontroleer dat die datum korrek is - Verlede jaar se datum.
- Klik op die Ja-knoppie. osFinancials sal die transaksie na die vorige finansiële jaar posteer.
Indien die datum(s) van die transaksies verkeerd is:
- Klik op die Nee-knoppie.
- Korrigeer die datum(s) van die transaksie in die joernaal na hierdie jaar
- Balanseer die joernaal weer.
- Posteer die joernaal.
|
|
Dit is ook 'n goeie idee om postering van joernale en dokumente tot die vorige finansiële jaar te beperk. Jy kan dit doen deur Opstel → Finansiële periodes (Opstel-duimgids) te kies en die regmerkie in die "Posteer na vorige jaar"-veld te verwyder. Alhoewel jy nie transaksies na daardie finansiële jaar sal kan posteer nie, kan jy steeds verslae druk. Jy kan hierdie veld te eniger tyd weer kies indien jy na die vorige finansiële jaar wil posteer. |
Doen 'n jaareinde in die toekoms
Indien jy die jaar-einde proses (Doen jaar-einde op die Opstel-duimgids) inisieer; en die finansiële jaar eindig in die toekoms; sal 'n soortgelyke bevestiging-boodskap as die volgende vertoon word:

Indien jy nie wil voortgaan met dié proses nie, kliek Nee.



