Sodra die krediteur (verskaffer) die Bestelling lewer, kan dit dan bevestig word en  na 'n Aankoopdokument (goedere ontvangsbewys) omskep word. Sodra 'n Bestelling bevestig en na 'n Aankoopdokument (goedere ontvangsbewys) omskep is, moet jy moontlik die aankoopdokument (goedere ontvangsbewys) wysig voordat jy die aankoopdokument na die grootboek opdateer (posteer). 

Wanneer die krediteur (verskaffer) die voorraaditems of produkte aflewer, kan jy ontdek dat sommige items beskadig is of nie by die Bestelling ingesluit is nie. Jy kan ontbrekende / beskadigde items op die Bestelling verwyder of nuwe items byvoeg, ens. In hierdie geval kan jy die Bestelling (Dokumente) (Verstek-duimgids) wysig voordat jy die Bestelling bevestig en dit na 'n Aankoopdokument omskep.

As jy reeds 'n Bestelling bevestig en na 'n Aankoopdokument omskep het, en daar is steeds enige teenstrydighede in die Bestelling, byvoorbeeld die korrekte hoeveelhede goedere is nie ontvang nie, kan jy die Aankope (Dokumente) (Verstek-duimgids) wysig voordat jy die Aankope na die grootboek opdateer (posteer). 

As jy nie die Aankoopdokument (omskepte Bestelling) geredigeer het nie, sal jy dan 'n Verskafferretoer moet prosesseer om die Aankoopdokument wat met die verkeerde bedrae en hoeveelhede reeds na die grootboek opgedateer (geposteer) is, reg te stel.

Bestellings kan ook bevestig en na Aankope omskep word vanuit die Dokumente → Bevestig kwotasies en bestellings konteks-kieslys opsie op die "Dokumentinvoer-rooster" skerm vir die Aankoop dokumenttipe.

Om bestellings te bevestig en na aankope te omskep:

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Invoer → Bevestig (Shift + F3).

  1. Kies "Bestellings" in die "Dokumenttipe"-veld. 

By verstek sal slegs die oop en onbevestigde Bestellings gelys word. Om die bevestigde (Bestellings wat reeds bevestig en na Aankope omskep is) te lys, kies (merk) die "Show posted"-veld. 

  1. Klik op die Gesel.-knoppie. Die geselekteerde bestellings sal oorgedra word na die "Bestellings om na aankope te omskep" (regterkant van die skerm). 
  2. Kies die datum waarop die Bestellings aanvaar is, indien nodig. 

By verstek word die stelseldatum vertoon. Jy kan die opsie "Gebruik dokumentdatum" kies (merk). Die Bestellings sal na Aankope omskep word deur die oorspronklike dokumentdatum te gebruik. 

  1. Klik op die Omskep-knoppie. 'n Bevestiging-boodskap word vertoon: 

 "Wil jy graag alles Bestellings skrap?"

  1. Klik op die Ja-knoppie om die Bestellings te bevestig na Aankope te omskep asook om die Bestellings te skrap. 

As jy op die Nee-knoppie klik, sal die geselekteerde Bestellings steeds bevestig en omgeskakel word na Aankope. Hierdie Bestellings sal steeds beskikbaar wees om te wysig. Jy kan die aanhalings handmatig skrap in Redigeer → Dokumente-kieslys op die Verstek-duimgids. 

  1. Die Bestelling sal verwyder word van die "Bestelling om na aankope om te omskep" lys, en sal gereed wees om geredigeer te word in die Aankope dokumenttipe as 'n ongeposteerde Aankope op die Dokument-rooster skerm. 
  2. Klik op die Kanselleer-knoppie, of druk die Esc-sleutel op jou sleutelbord, om hierdie skerm toe te maak of te verlaat. 

Jy kan ook vir 'n spesifieke kwotasie soek deur die bestelnommer in te voer en op die Soek-knoppie te klik.

.Jy kan ook 'n spesifieke Krediteur (verskaffer) se rekening kies deur op die Kies debiteur-knoppie te klik. Die skerm sal verander van die lys van beskikbare bestellings die Krediteure (verskaffers) rekeninge lys. (Die lys sluit ook Debiteur (kliënt / klant) rekeninge in). 

Kies die Krediteur (verskaffer) rekening. Die skerm sal na die normale skerm verander en die beskikbare kwotasies sal vertoon word.