Jy kan enige notas of takies wat jy moet verrig, in die Take skeduleer en addisionele inligting insleutel. Jy kan dit dan, redigeer, as afgehandel merk, of skrap.

Take wat in rooi font kleur vertoon word, is reeds verstreke. Dit kan beteken dat die taak nog uitstaande is en nog nie afgehandel is nie. Jy kan dit dan afhandel, herskeduleer (“Teikendatum” verander) indien jy dit later (byvoorbeeld, maandeliks) moet doen, of skrap.


Wanneer 'n taak afgehandel is kan jy dit merk. Dié afgehandelde take sal met 'n streep deurgehaal word. Jy kan dit dan herskeduleer (“Teikendatum” verander) indien jy dit later (byvoorbeeld, maandeliks) moet doen, of skrap.