Jy kan joernaaltransaksies invoer vanaf 'n gestoorde "Excel Werkboek (*.xlsx) lêertipe wanneer benodig. 

Om transaksies vanaf 'n Excel Werkboek (xlsx) lêer in te voer: 

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Joernale (F2). 
  2. Kies 'n nuwe (blanko) joernaal en kliek Maak oop.  

  1. Kliek op die Sigblad invoer ikoon. 
  2. Die "Data Import Export"-skerm sal slegs met die databasis velde vir joernaaltransaksies vertoon word:   

  1. Op die "Data Import Export"-skerm, kliek Maak oop om 'n geldige gestoorde  Excel Werkboek (*.xlsx) lêer te kies.   

Jy kan op die "Wys die voorskou-paneel"-ikoon ("Show the preview pane") op die "Open"-skerm klik om 'n voorskou van die geselekteerde lêer wat jy wil invoer te vertoon. 

  1. Kies die gids en lêer waar die uitvoerlêer gestoor is, en kliek op die Open-knoppie. Die joernaaltransaksies wat by die gestoorde  Excel Werkboek (*.xlsx) lêer ingesluit is, sal  in die "Data Import / Export"-skerm ingevoer word. 

Indien jy 'n rekening moet verander (in kolom B - "SACCOUNT" of kolom E -"STAX" of in kolom G - "SCONTRAACCOUNT") kan jy op die Data-oortjie klik en op die "Find account"-opsie klik.

Dit sal die "Select account" -skerm inisieer waarop jy in rekening kan kies.  

  1. Jy kan die volgende opsies kies:  
    1. "Show data before import" - Wys data voor invoer - As hierdie opsie gekies is, sal die "ImportCheck"-skerm geloods word, voordat die invoer-proses geïnisialiseer word.
    2. Invoerkontrole - Klik op hierdie opsie om die waardes van die verskillende kolomme op die "Settings"-oortjie in te kies of te wysig wat ingevoer moet word.

Sien - Sigblad uitvoer - Die data van die ingevoerde transaksies word in die volgende elf (11) kolomme in die sigblad op die "Data Import / Export"-skerm ingevoer.

  1. Klik op die Invoer-oortjie en op die Invoer-ikoon. As die opsie "Show data before import" (Wys data voor invoer) gekies is, sal die "ImportCheck"-skerm geloods word:

  1. Die transaksies wat in die joernaal ingevoer sal word, sal gelys word. Jy kan hierdie transaksies wysig, indien nodig. Klik op die "All"- of OK-knoppie om die invoer-proses te begin.

  1. Klik op die Invoer-ikoon. Die kleur van die selle in die rye vir die transaksies in die "SREFERENCE" kolom moet groen wees. Dit beteken dat die invoer-proses afgehandel is. 
  2. Klik op die Sluit-ikoon in die titelbalk van die "Data Import / Export"-skerm. Die ingevoerde transaksies sal in die "Joernaalinvoer"-skerm gelys word.

  1. Jy kan die transaksies redigeer (wysig) indien nodig.

Sodra jy klaar is met die invoer / redigering van die transaksies in die joernaal, moet jy: - 

  1. Verander die Alias (Joernaalnaam)
  2. Balanseer die joernaal
  3. Lys die joernaal
  4. Posteer die joernaal.